Beyond Beef Wagyu-produksieveiling

1667

Beyond Beef Wagyu het op Vrydag 9 Februarie 2018 hul eerste produksieveiling by die Royal Auction Centre in Frankfort gehou. Dit was die grootste Wagyu-aanbod nog in Suid-Afrika. Talle besoekers van regoor die wêreld het die veiling bygewoon. ’n Slaghuis het tydens die geleentheid Wagyu-vleis verkoop en alles is voor die veiling uitverkoop. Die Weber-span wat gebraai het, het vir ’n gratis Wagyu-eetervaring gesorg.

Die hoogste prys vir ’n swart koei en kalf was R420 000.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys rooi bul: R400 000 (Koper: Etienne Ferreira en Andries Schutte, 777 Wagyu)
  • Gemiddelde prys rooi bulle: R262 857
  • Hoogste prys swart bul: (Koper: Carl Thiele, Paulpietersburg)
  • Gemiddelde prys swart bulle: R158 333
  • Hoogste prys swart koei met kalf: R420 000 (Koper: Lourens du Plessis, Thabazimbi)
  • Hoogste prys rooi koei met kalf: R300 000 (Koper: Henri Pieterse, Groblersdal)
  • Hoogste prys rooi dragtige vers: R 330 000 (Koper: Olive Burgh Wagyu, Winburg)
  • Gemiddelde prys rooi dragtige verse: R290 000

Aangebied deur: BKB Louwid Frankfort

Afslaer: Brandon Leer