Die VSA en China het onlangs ‘n langverwagte handelsooreenkoms geteken, wat behels dat China miljarde dollar se landbougoedere van die VSA gaan invoer. Gaan dit ‘n invloed op Suid-Afrika se landbousektor hê? Wandile Sihlobo van Agbiz gesels in 24 Januarie 2020 se aflewering van Grootplaas met ons hieroor.

Daarna kuier Rachelle Cloete van GMP Basics in die ateljee en, in die lig van die huidige bek-en-klouseer-krisis, fokus ons weer op biosekuriteit in die veebedryf.

Nuusborg: Old Mutual

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas.