Biosekuriteit is en bly ‘n belangrike onderwerp in die boerderysektor. In hierdie uitsending van RSG Landbou gesels dr WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat hieroor en hy verwys veral na die wat swak biosekuriteit die landboubedryf kan kos. Luister nou na dié onderhoud.

Carin Venter het onlangs by ’n intensiewe lamstelsel-inligtingsdag in die Oos-Kaap gaan kuier. Sy het met Dirk Odendaal van BKB gepraat oor die dag se program. Luister nou na dié onderhoud.

Dan volg daar ‘n lekker gesprek met Arnaud le Roux van Wildbedryf Suid-Afrika, oftewel WRSA, oor die stand van kleinwildboerdery. Luister nou na dié onderhoud.

Die nuwe generasie landbouers boer nou wel hand-aan-hand met ‘n pa of onder ‘n mentor se wakende oog, maar hulle het lankal reeds ‘n nuwe visie en innoverende idees. Graan SA, Senwes, Vrystaat Landbou en Agri Noord-Wes se jongboerkomitees bied jaarliks ‘n toekomsfokusdag, spesifiek op jongboere gerig, aan. Dr Dirk Strydom praat meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Die program sluit af met die Melkprodusente-organisasie, oftewel die MPO. Geoutomatiseerde melkstelsels kan melkboere baie geld en moeite bespaar. Anton Gresse van die MPO brei hieroor uit. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Agri Sales Academy Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.