BKB-uitblinkers by glansgeleentheid vereer

81
BKB se handelstak in Adelaide was vir die tweede agtereenvolgende jaar die maatskappy se beste presteerder. Van links is Wolf Edmayr, BKB se besturende direkteur, Jacques van Niekerk, hoofbestuurder by BKB Handel, Frikkie Landman, BKB-handelstakhoof in Adelaide, en Frikkie Mulder, streeksbestuuurder by BKB Handel.

Een van BKB se jaarlikse hoogtepunte is die topverskaffers- en handelstak-toekenningsaand. Die hoofbestuur van BKB, direksielede, handelsvennote en verkope- en brandstofspanne kom by dié glansgeleentheid bymekaar om uitsonderlike prestasies te vier. Vanjaar se geleentheid het op 28 Augustus by BKB se hoofkantoor in Port Elizabeth plaasgevind.

Jacques van Niekerk, hoofbestuurder by BKB Handel, het die gaste hartlik verwelkom. Hy het gesê dat BKB tydens sy 100ste bestaansjaar groot uitdagings die hoof moes bied, maar dat dit ten spyte daarvan steeds ’n voorreg is om ’n uitsonderlike verhouding met BKB se handelsvennote, as steunpilaar-vennote, te vier.

Hierdie jaar is die tien takke in die land wat uitsonderlik presteer het, ongeag van die kategorie waarin hulle meegeding het, ook vereer. BKB se handelstak in Adelaide was vir die tweede agtereenvolgende jaar die maatskappy se beste presteerder.

Die komediant en sanger, Andries Vermeulen, het vir die vermaak gesorg en die gehoor die hele aand aan sy voete gehad. – Carin Venter, Veeplaas