Trek jou kalender nader, die datum vir Bloemskou 2019 is bekend. ’n Opwindende nege dae word van 26 April tot 4 Mei 2019 beplan.

Bloemskou 2018 was baie suksesvol en die span sien uit om in 2019 weer besoekers met ’n wye verskeidenheid uitstallers, kunstenaars en landbou-aktiwiteite te bederf. Die tema vir Bloemskou 2019 is “Super Heroes by Super Bloemskou”.

Meer as 100 000 mense besoek jaarliks die Bloemskou. In 2019 kan besoekers uitsien na talle nuwe aksiebelaaide vermaak items, asook ’n besige landbouprogram met verskeie nasionale kampioenskappe wat oor die tydperk beslis gaan word, en meer as 4 000 diere wat tydens die Bloemskou deelneem.

Uitstalruimtes is nou beskikbaar. Indien jy verdere inligting benodig oor enige aspek van die skou, skakel die Bloemskou-kantore by 051 448 9894 of besoek ons webwerf by www.bloemskou.co.za.Persverklaring