Na aanleiding van die huidige omstandighede, inperkingsregulasies en toekomsuitkyk met betrekking op die COVID-19-pandemie in Suid-Afrika, is daar nou finaal besluit dat Bloemskou nie vanjaar sal plaasvind nie.

COVID-19 bring onsekerheid

Gegewe die volgehoue onsekerheid wat COVID-19 saai, bleik dit onwaarskynlik dat daar groot samekomste met meer as 100 mense vanjaar nog sal plaasvind. Huidige kommunikasie dui ook daarop dat Suid-Afrika se COVID-19-syfers ’n piek gaan bereik teen September 2020 en die daaropvolgende vier maande sal kritiek wees in die veiligheid en gesondheid van ons mense.

Positief oor 2021

“Ons is vol vertroue dat al die rolspelers, insluitend uitstallers, kunstenaars, borge, die landbougemeenskap en lede van die publiek, begrip sal hê vir die situasie,” het Elmarie Prinsloo, hoof uitvoerende beampte gesê.

Op ’n positiewe noot word daar reeds beplan aan Bloemskou 2021 wat vanaf 23 April tot 1 Mei 2021sal plaasvind. – Persverklaring, Bloemskou