In 6 Augustus 2018 se aflewering van Grootplaas kuier ons lekker vanaf Namakwaland tot in Mpumalanga.

Namakwaland verruil dié tyd van die jaar sy vaal baadjie vir ‘n bont blommejas. Mike Spies van Namakwa Toere vertel ons watter effek 2017 se droogte op vanjaar se blomseisoen sal hê.

Daarna kuier Mpumalanga se jongboer van die jaar, Lion Du Plessis, by ons in die ateljee. Ons gesels oor sy prestasie, sy resep vir sukses, en die toekoms van jongboere in Suid-Afrika.

Nuusborg: Gallagher

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas