Lede van die Blouberg-studiegroep en die ondersteuningspan. Agter van links is Rickus Bothma, Ettienne van Staden, Wouter van Amstel, Hardus Geldenhuys, Japie van der Goot, Ivor Holtzhausen, Ettienne Erasmus, Human du Preez, Pieter Hoogenboezem, dr Johan Venter, Jôe Hoogenboezem senior, Arthur Blofield en Auwke Jongbloed. Voor van links is Johan Venter, Fielie du Toit, Jimmy van Amstel, Francois Uijs (bemarker), Stephaen Fick, Sors Snyman (afslaer), Shaun White, Jôe Hoogenboezem junior en JD Venter.

Die Blouberg-studiegroep het op 25 Januarie 2018 hul 24ste aanteelveiling by die Vivo-boerevereniging se veilingskrale gehou. Die veiling het nuwe hoogtes bereik met ’n uitmuntende aanbieding. Die veiling, bekend as die “room van die noorde”, is bekend vir sy deurlopende uitstaande gehalte kommersiële Bonsmara- en Bovelderbeeste. Goeie pryse is behaal, met ’n totale omset van R6 475 200.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys dragtige koei en kalf: R31 000
  • Gemiddelde prys dragtige koeie en kalwers: R27 500
  • Hoogste prys koei en kalf: R30 500
  • Gemiddelde prys koeie en kalwers: R26 576
  • Hoogste prys dragtige vers: R22 000
  • Gemiddelde prys dragtige verse: R19 344
  • Hoogste prys vers: R13 000
  • Gemiddelde prys verse: R11 081
  • Hoogste prys tollie: R11 425
  • Gemiddelde prys tollies: R10 918

Aangebied deur: Vleissentraal Bosveld

Afslaer: Sors Snyman