Bokvleis het vanweë sy gesondheidswaarde en uitstekende smaak die afgelope paar jaar ál meer gewildheid onder verbruikers verwerf en bokboere kan eenvoudig nie voorbly met die aanvraag nie. Aanduidings is dat dit in die toekoms nog sal styg. Gevolglik het bokvleis, wat voorheen as ’n redelike goedkoop vleis vir die informele mark bestempel is, se prys mettertyd gestyg tot op vlakke van 35% hoër as skaapvleis. Conrad Herbst gesels op RSG Landbou meer oor hoekom die vleissoort al hoe gewilder word. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here