Kyk weer Dinsdag 17 Julie 2018 se aflewering van Grootplaas met Birdlife South Africa en die Bedreigde Natuurlewetrust.

Namate wildlewe en voëls se habitats versteur word, word heelwat van hierdie spesies se voortbestaan ook bedreig, en boere is nie altyd bewus van die praktyke wat hiertoe bydra nie. Ernst Retief van BirdLife South Africa, gesels met ons oor hoe boere rentmeesters vir biodiversiteit op hul plase kan word, en Carina Coetzer vertel ons meer oor ‘n projek waarby sy betrokke is. Daarna kuier Bradley Gibbons van die Bedreigde Natuurlewetrust by ons, om oor ‘n spesifieke reptiel wat tans bedreig word, te gesels.

Nuusborg: Nutri Feeds

Markteborg: Hinterland

Weerborg: Standard Bank

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas