Die Limpopo-dieregesondheidsforum het boere versoek om alle gevalle van snotsiekte by die forum aan te meld. Op die Limpopo-dieregesondheidsforum wat in Maart vanjaar plaasgevind het, is onder meer beklemtoon dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye waarskynlik nie die erns van snotsiekte besef nie. Snotsiekte is nie ’n beheerde of aanmeldbare siekte nie en daar bestaan dus by die departement geen ware statistiek wat die erns van die registrasie vir die entstof ondersteun nie. Juis daarom word versoek dat dit aangemeld moet word.

Klik hier om die aanmeldvorm af te laai. Stuur die voltooide vorm aan w.prinsloo1@mweb.co.za

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here