Boeresport by #Nampo2019

115

Die OVK-groep hou tydens Nampo 2019 daaglikse wolbaaldrakompetisies wat baie belangstelling lok. Op dag twee van Nampo (15 Mei) het Hoër Landbouskool Marlow se rugbyspan, die Wolramme, al die pad van die Oos-Kaap, teen die Vrystaat Cheetahs-rugbyspan deelgeneem.

Die deelnemers moes met ’n wolbaal op die rug ’n afstand van 40m voltooi. Die skoliere het bale van 60kg gedra, terwyl die Cheetahs se voorspelers lag-lag 120kg gelig het. Daar was selfs ’n afdeling vir juniors. 

Die wenner vir die Wolramme was Jacques Esterhuizen, wat die afstand in 11,11 sekondes voltooi het. Kort op sy hakke was Tertius Neethling, wat die tweede plek behaal het met 11,6 sekondes, en Tiaan Scheepers met 11,81 sekondes.

OVK

Op dag drie (16 Mei) het Elmarie Helberg, deel van Plaas Media se Grootplaas-span, in die kategorie vir vroue deelgeneem en met die eerste plek weggestap. Sy het ’n 40kg-baal in 17,8 sekondes oor die afstand van 40m gedra. Kyk na die video oor haar deelname hier onder. – Ursula Human, AgriOrbit