Bonnievale, teen die heuwels van die Breëriviervallei geleë, is alombekend vir sy wingerdboukundiges se passie en die uitstekende gehalte wat die wingerde lewer. Diegene wat reeds hierdie juweel ontdek het, kan hiervan getuig. En weereens is dié wynkelder uitgesonder vir sy toewyding tydens ’n wyd gerespekteerde Franse kampioenskap.

Gilbert & Gaillard-toekennings

Dit is noemenswaardig dat die toppresteerders in die Gilbert & Gaillard-toekennings deur twee wyne beklee word wat met hul vrystelling Bonnievale se mondigwording bevestig het: Bonnievale Limited Release Chardonnay 2019, wat ’n goue medalje ingepalm het, en Bonnievale Limited Release Cabernet Sauvignon 2017, wat ’n allemintige 91 punte uit 100 behaal het.

Dié twee wyne is aan Gilbert & Gaillard – ’n aanlyngids wat op wyn in Frankryk en 22 ander lande fokus, en ’n belangrike maatstaf vir gehalte – voorgelê. Dit is geen geheim dat Frankryk as een van die wêreld se voorste produsente van gehalte wyn gereken word nie.

Al die wyne is blindelings deur Gilbert & Gaillard geproe – met ander woorde, die paneel het nie die produsent se naam gesien nie.

Lof van die beoordelaars

Die paneel het die Cabernet Sauvignon-geure beskryf as rooivrug, swart- en braambessie, met effense spesery-ondertone. “’n Medium- tot volronde wyn met ’n boeiende smaak en talmende suur,” lui die proeverslag. “Met ’n blywende einde, greinerige tannien en baie vrug, kan die wyn dadelik geniet word of vir ’n paar jaar verouder.”

Vir die Chardonnay het die proewers aromas van ryp peer en sitrus geïdentifiseer. “’n Romerige, ryk wyn, met baie sekondêre geure van marmelade en gedroogte vrugte, en ’n vars, vruggedrewe afronding. Die suur is ‘lewendig’. ’n Wonderlike voorbeeld van die streek. Dit kan dadelik gedrink word, maar sal ook baie goed verouder.”

Wynmaker se terugvoer oor dié gesogde toekennings

Hierdie kommentaar word deur Marthinus Rademeyer, Bonnievale Wines se hoof wynmaker en produksiebestuurder, verwelkom. Van meet af was die fokus op top-presterende wingerdblokke en dat dit in die wyne weerspieël moet word. “Die wyne moes getuig van die sorg waarmee die wingerde gekoester is en die aromas, geure en teksture van die vrugte behou – van die wingerd tot die bottel,” sê hy.

Wynmaakproses

Die wyn vir die Limited Release Cabernet Sauvignon 2017 is ná die wynmaakproses vir 18 maande in Franse- en Amerikaanse eikehout verouder. Die wynmaker se proenotas stel voor dat die wyn op sy eie gedrink word, of alternatiewelik as ’n pasmaat is vir wildsdisse en rooivleis.

Chardonnay is lank reeds die ster in die Bonnievale-portefeulje en die Limited Release 2019 is vir sewe maande in Franse eikehoutvate verouder. Dit kan saam met eend, vark of ’n bord verouderde kaas geniet word.

Oorsprong

Die wynkelder lê aan die buitewyke van Bonnievale, sowat 200km oos van Kaapstad en het ’n besoekersentrum wat die volledige reeks wyne vertoon.

Waar om Bonnievale-wyne te koop

Die wyne wat hier gemaak word, is landswyd beskikbaar en kan ook vanaf Bonnievale-wynkelder se aanlynwinkel by www.bonnievalewines.co.za bestel word.

Die Limited Release Cabernet Sauvignon 2017, teen R140 per bottel, was so ’n goeie verkoper, dat baie min kiste nog beskikbaar is. Die Limited Release Chardonnay 2019 kos R95 per bottel. Dié wyne word tans teen afslagpryse op die aanlynwinkel aangebied, en aflewerings regoor Suid-Afrika vorder fluks. Gratis aflewering geld vir bestellings van meer as R1 500. – Persverklaring, Bonnievale Wines