Bonsmara Genepoel se herfsveiling, wat op 25 April 2018 by die Vryburg-skougronde gehou is, was ’n groot sukses. Diere van ’n hoë gehalte is deur telers en gasverkopers aangebied.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys bul: R85 000 (Verkoper: Wiep Joubert, Reivilo. Koper: Anton de Klerk, Upington)
  • Gemiddelde prys bulle: R45 558
  • Gemiddelde prys dragtige koeie met kalwers: R20 500
  • Gemiddelde prys koeie met kalwers: R24 423
  • Gemiddelde prys dragtige koeie: R21 333
  • Gemiddelde prys dragtige verse: R18 450
  • Gemiddelde prys oop verse: R12 166

Aangebied deur: Noord-Kaap Lewendehawe

Afslaer: Theuns Visser