Bonsmara-telers ontvang Stamboek Elite Mentor-toekenning

33
Mentor
Duncan Serapelwane van Moalosi Bonsmaras.
Mentor
Christopher Melamu van Lamus Bonsmaras.

Estimated reading time: 1 minute

Die Standard Bank / SA Stamboek Elite-toekennings het op 26 April virtueel plaasgevind. Een van die gesogte toekennings wat jaarliks oorhandig word, gee erkenning aan die stoetteler of groep stoettelers wat bemoeienis maak met mentorskap vir nuwe toetreders en ontwikkelende stoettelers. Telersgenootskappe nomineer kandidate vir die Farmer’s Weekly / SA Stamboek Elite Mentor-teleren ’n toekenning word gemaak na ’n deeglike evaluasie.

Die jaar 2021 is ’n besondere jaar omdat die Mentor-teler-toekenning aan twee Bonsmaratelers toegeken word wat ’n klompie jare gelede as mentor-telers opgang gemaak het en self nou dié belangrike rol vervul. Die Farmer’s Weekly / SA Stamboek Mentor-telers vir 2021 is Christopher Melamuen Duncan Moalosi Serapelwane.

Lees gerus meer oor hierdie telers op bladsy 21 van die 2021 Stoetteler. – Persverklaring, SA Stamboek