Bonsmara SA se Nasionale Vroulike Dier-veiling is op 14 Maart by die Afridome in Parys gehou. Meer as 50 uitstaande vroulike diere van 23 toptelers regoor die land is aangebied en uitstekende pryse is behaal. Dit was veral ’n goeie geleentheid vir nuwe toetreders tot die mark om genetika uit verskillende topkuddes op een plek te koop. Die hoogste prys van R140 000 is vir ’n drie-in-een stoetkoei van Arcadia Bonsmara betaal deur Sebadja Bonsmara. Die veilingsomset was R2 198 000.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys dragtige stoetkoei: R42 000 (Verkoper: Arcadia Bonsmara. Koper: PJ Thompson)
  • Gemiddelde prys dragtige stoetkoeie: R29 000
  • Hoogste prys drie-in-een stoetkoei: R140 000 (Verkoper: Arcadia Bonsmara. Koper: Sebadja Bonsmara)
  • Gemiddelde prys drie-in-een stoetkoeie: R80 100
  • Hoogste prys dragtige stoetvers: R85 000 (Verkoper: Sernick Bonsmara. Koper: UP George Bonsmara)
  • Gemiddelde prys dragtige stoetverse: R40 947
  • Hoogste prys stoetkoei en kalf: R75 000 (Verkoper: Arcadia Bonsmara. Koper: Sebadja Bonsmara)
  • Gemiddelde prys stoetkoeie en kalwers: R38 692

Aangebied deur: Vleissentraal Bloemfontein

Afslaer: Mike Killassy