Agter van links is Faans Pretorius, koper, en Willem en Carmi Botha, verkopers. Voor is Sam Mhlanga, hanteerder, met die ram wat die hoogste prys behaal het.

Bosch Valley Farms van Boschfontein tussen Vrede en Memel het hul negende jaarlikse produksieveiling op 7 September gehou. Altesaam 33 SA Vleismerino-ramme is tydens die veiling verkoop.

Veilingsuitslae

  • Hoogste prys ram: R20 000 (Koper: Faans Pretorius, Heilbron)
  • Gemiddelde prys ramme: R10 454

Aangebied deur: Vleissentraal Ermelo

Afslaer: Ian Grobbelaar