Die bul wat die hoogste prys behaal het was Lot 14 – REV14-89 van Revelas Bonsmaras.

Die 30ste Bosveld Bonsmaraklub-produksieveiling is gehou op 20 November 2018 by die Warmbad Veemark. Soos altyd was daar ongelooflike belangstelling in die Bonsmara’s wat te koop aangebied is, en weereens het die veiling nie teleurgestel nie.

Die bul wat die hoogste prys behaal het was Lot 14 – REV14-89 van Revelas Bonsmaras wat vir R100 000 aangekoop is deur Beneke Boerdery van Modimolle.

Die gemiddelde prys op stoetbulle was R44 569. Die omset op stoetdiere is R1 325 500.

By kommersiële diere was die hoogste prys op dragtige koeie met kalwers R30 000. Die gemiddelde prys op dragtige koeie met kalwers was R21 875. Die hoogste prys op koeie met kalwers was R27 500 en die gemiddelde prys R18 775. Dragtige koeie behaal ’n hoogste prys van R20 500 en ’n gemiddelde prys van R15 389. Dragtige verse se hoogste prys was R16 500 en die gemiddelde prys R15 056. Die totale omset by kommersiële diere is R2 156 850.

Die veiling behaal ’n totale omset van R3 482 350. Die veiling is aangebied deur Vleissentraal Bosveld met Mike Killassy en Stefan Greyling as aflaers. – Veilingsverslag