In dié aflewering van AgriOnAir kuier Sytze Smit, rasdirekteur van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, saam met ons. Hy gesels oor die Brahmanras as ekonomiese produseerder van vleis in Suider-Afrika. Hy brei ook onder andere uit oor die teelwaardes en genomiese ontwikkeling van dié ras. Luister nou na dié lekker onderhoud.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika.

Die bydrae wat die Brahman tot die Suid-Afrikaanse stoet- en kommersiële bedryf gemaak het, veral in die eerste drie dekades na 1960, kan as merkwaardig beskryf word. Sy kenmerkende voorkoms onderskei hom van enige ander tradisionele vleisbeesras in Suid-Afrika. Die skof op sy skouers, groot hangende ore, menigvuldige plooie en kenmerkende kleur het alles bygedra tot die fenomenale groei wat in daardie dae aangeteken is.