Sytze Smit is die rasdirekteur van die Brahman Beestelergenootskap van Suid-Afrika en hy gesels meer in Woensdag se RSG Landbou oor hulle hoogtepunte in 2019. Daarna brei Lise Roberts meer uit oor waarna lesers kan uitsien in die Oktober-uitgawe van Veeplaas. Luister nou na dié onderhoude.

Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp spog ook nou met ‘n volwaardige landboudepartement. Johan Louw, departementshoof by die skool, het tydens ALFA met Lise Roberts hieroor gesels. Marina van der Merwe van die MMC Miniatuurperd-stoet vertel ook oor die perdjies wat sy as deel van die skool se kuddeprojek geskenk het. Luister nou na dié onderhoude.

Adri Kitshoff-Botha, die hoof uitvoerende bestuurder van Wildbedryf Suid-Afrika, gee terugvoer oor die Cites-konvensie wat fokus op die internasionale handel in veral bedreigde spesies. Sy het die konvensie onlangs in Switzerland bygewoon. Luister nou na dié onderhoude.

Yolandé Roodt is daarna op haar pos met die nuutste wolmarkverslag. Luister hier na die onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur die Brahman Beestelersgenootskap van Suid-Afrika.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.