Brahman nasionale veiling spog met nuwe SA-rekord

142
Die kopers en verkopers by die duurste lot van die dag. Van links na regs is Johnroy Pringle en Brett Pringle van Tugela Brahmane; Irma Du Plessis en Lourens Du Plessis van Nedibest Brahman stoetery van Louma Boerdery; Schalk Jonker en Piet Wessels, beide van BKBLouwid en Gert Jordaan, die afslaers vir die dag.

BKB Louwid het op Saterdag, 7 September 2019, die nasionale Brahman-veiling by die Afridome in Parys aangebied. Dit was ‘n besonderse dag met topgehalte Brahmane wat onder die hamer gekom het.

‘n Nuwe Suid-Afrikaanse rekord

Lot 24 was ‘n koei met haar kalf wat die duurste prys van R430 000 behaal het. Die koei is verkoop deur Brett Pringle van Tugela Bramane, en is gekoop deur Nedibest Brahman Stoetery van Louma Boerdery waarvan Lourens en Irma du Plessis die direkteure is. Die prys van R430 000 is ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord vir ‘n Brahman-koei met ‘n kalf.

Ander spogpryse

Die gemiddeld vir koeie met kalwers op die veiling was R133 000. Die duurste bul (lot 43) is vir R145 000 deur Pascale Brahmane van Boesman Hattingh aan Pilisoff Brothers van Zimbabwe verkoop.

Die gemiddeld van bulle verkoop op die veiling was R83 333.

Dragtige koeie en verse het vir ‘n gemiddeld van R41 227 verkoop en die hoogste prys vir ‘n dragtige vers (lot 45) was R100 000. Sy is verkoop deur Pascale Brahmane se Boesman Hattingh aan Hannes van der Walt van Wimpie Seiko in Dendron. – Persverklaring, BKBLouwid