Brown kraai koning(in) as Agri Gauteng Jongboer van 2019

431
Anita Brown het koning(in) gekraai toe sy tydens Agri Gauteng se jaarlikse kongresdinee by die Meriba Hotel in Centurion, as die organisasie se 2019 Agri Gauteng Jongboer van die Jaar-kompetisie gekroon is. Van links staan Thinus van Zijl, ondervoorsitter van Agri Gauteng, Johan Potgieter van Nutri Feeds, Anita Brown, die 2019 Agri Gauteng Jongboer van die Jaar-wenner en Johan Berg van Obaro.

Anita Brown het koning(in) gekraai toe sy tydens Agri Gauteng se jaarlikse kongresdinee by die Meriba Hotel in Centurion, as die organisasie se 2019 Agri Gauteng Jongboer van die Jaar-kompetisie gekroon is.

Anita was een van drie vroue onder vanjaar se Gauteng-finaliste. Sy boer saam met haar pa op hul familieplaas, Greenway Farms, in die Krugersdorp-omgewing.

Lize Mari de Klerk van De Blanque Brahman is as naaswenner aangewys. Brian Venema van Rosaly Farms en Rita-Theresa du Plessis Van der Mescht van Shirita Boerdery, was vanjaar se ander twee finaliste. Elk van die finaliste is uitgenooi om die 2020 Laeveld Agrochem Seilsafari mee te maak as deel van hul pryse.

Beoordelingskriteria

Johan Berg, bestuurder van Obaro Landbou-adviesdienste en een van vanjaar se Jongboer-beoordelaars, het die kriteria uiteengesit op grond waarvan die finaliste beoordeel was. “Ons het gekyk na die betrokkenheid van ons finaliste in die boerdery, veral met betrekking tot algehele en finansiële bestuur.

Johan Berg, bestuurder van Obaro landbou-adviesdienste en een van vanjaar se Jongboer-beoordelaars.

“Die gebruik van tegnologie en die bestuur van toerusting was van kardinale belang asook betrokkenheid by verskaffers, die bemagtiging van personeel en die gehalte van dienslewering aan kliënte,” het Johan hesê.

‘n Toekoms in landbou

Anita is passievol oor wortelproduksie en boer al die afgelope vyf jaar op Greenway Farms, ‘n gespesialiseerde wortelboerdery. In haar aanvaardingstoespraak tydens die kongresdinee het Anita gesê dat dit vir haar inspirerend is om as vrou aan ‘n landboukompetisie deel te neem. “Jong landbouers het ‘n verantwoordelikheid om elke geleentheid wat vir hulle aangebied word, aan te gryp.

Anita Brown, wenner van die 2019 Agri Gauteng Jongboer van die Jaar-kompetisie.

“Dit is bemoedigend om te sien hoe baie jong boere teenwoordig is in die landbousektor. Daar bestaan ‘n persepsie in Suid-Afrika dat die landboubedryf agteruitgaan, maar dié kompetisie het aan my bewys dat dit nie die geval is nie,” het sy bygevoeg. – Claudi Nortjé, Plaas Media

Luister hier na Anita se volledige aanvaardingstoespaak: