Watergehalte speel ‘n kritiese rol in die landbousektor, hetsy dit oor produkeffektiwiteit of die doeltreffende beheer van onkruide, siektes en peste gaan. Watergehalte behels die fisiese en biologiese eienskappe van water, die hoeveelheid opgeloste soute daarin, die pH asook elektriese geleidingsvermoë.

Dit is belangrik om te besef waarom hierdie faktore belangrik is, watter produkte hierdeur beïnvloed word en die stappe wat geneem moet word om die nadelige invloed hiervan te verminder.

Tasha van Niekerk van Cherry Irrigation gesels hieroor.

Wie is Cherry Irrigation?
Cherry Irrigation spesialiseer in die ontwerp en implementering van alle soorte landboubesproeiingstelsels. Hul ervaring strek oor 30 jaar en word ondersteun deur hul bereidwilligheid om op hoogte te bly van nuwe metodes en tegnologie.

Cherry Irrigation is aan die voorpunt van tegnologiese innovasie met ‘n goeie begrip van die tegniese aspekte van die bedryf. Cherry Irrigation pak besproeiingsprojekte in die SAOG-lande en die res van Afrika aan.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Cherry Irrigation. Besoek hul webwerf hier. Luister na ‘n vorige Cherry Irrigation-potgooi hier.