Suid-Afrika se top slagters is onlangs by die 14de jaarlikse Cleaver-toekennings aangewys. Dewald Olivier van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging (SAFA) vertel in 16 Julie se Grootplaas meer oor dié inisiatief, en hoekom dit belangrik is dat die bedryf erkenning gee aan hierdie uitblinkers. Hy gesels ook oor die funksies wat die vereniging aan die Rooivleisbedryfsforum lewer.

Daarna kuier Hendrik Steenkamp, eienaar van vanjaar se Cleaver platinum-bekroonde Boma Vleismark, in die ateljee. 

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas