Corteva, Inc. het sy skeiding met DowDuPont suksesvol voltooi. Corteva is nou ‘n toonaangewende, wêreldwye landboumaatskappy wat volledige oplossings bied vir maksimale opbrengs en winsgewendheid. Corteva Agriscience het op 3 Junie begin om wêreldwyd ‘n gebalanseerde aanbod vir saad- en gewasbeskerming te bied.

Read it in English.

Corteva aandeelhouding

Die verspreiding van Corteva se aandeelhouding is op 1 Junie voltooi. Elke DowDuPont-aandeelhouer het een aandeel van Corteva se gewone aandele ontvang vir elke drie aandele van DowDuPont se gewone aandele op die sluiting van die werksdag soos op 24 Mei 2019. Corteva se gewone aandele het op 3 Junie begin handel dryf op die New York Effektebeurs (NYSE) onder die nuwe simbool ‘CTVA’.

“Hierdie bekendstelling is van ‘n nuwe soort landboumaatskappy wat uniek geposisioneer is om te kompeteer en te wen om boere die volledige oplossing te bied vir volhoubare, langtermyngroei en verbeterde winsgewendheid,” het Jim Collins, uitvoerende hoof van Corteva Agriscience, gesê.

Toekomsplanne

Met ‘n teenwoordigheid in meer as 140 lande het Corteva Agriscience $14 miljard in netto verkope in 2018 gegenereer. Die maatskappy het meer as 150 navorsings- en ontwikkelingsgeriewe en meer as 65 aktiewe bestanddele.

“As ‘n nuwe, onafhanklike landboumaatskappy is ons doelbewus gefokus op gedissiplineerde belegging in innovering om organiese inkomstegroei te lewer en die opbrengs op geïnvesteerde kapitaal te verbeter,” sê Greg Friedman, uitvoerende vise-president en hoof finansiële beampte van Corteva Agriscience.

“Ons is op skedule in ons verbintenis om $1,2 miljard in koste-sinergieë te bereik teen 2021, en ons is vol vertroue in ons plan om marges uit te brei. Ons is verbind tot die terugkeer van beduidende kapitaal aan aandeelhouers deur middel van ‘n kombinasie van dividende en die terugkoop van aandele.”

Die Corteva-handelsmerk

Die nuwe maatskappy se naam, Corteva (kohr-‘teh-vah), is afgelei van woorde wat “hart” en “natuur” beteken. Die handelsmerk erken die maatskappy se geskiedenis terwyl hulle uitsien na die verbintenis om boere se produktiwiteit te verbeter, sowel as die gesondheid en welsyn van die verbruikers wat hulle bedien.

Die maatskappy se hoofkwartier is in Wilmington, Delaware, met globale sakesentrums in Johnston, Iowa en Indiana en het vyf streekskantore in Calgary, Kanada; Johannesburg, Suid-Afrika; Genève, Switserland; Singapoer; en Alphaville, Brasilië.

Vir meer inligting besoek www.corteva.com of www.corteva.co.za. Lees ook meer oor Corteva Agriscience se toekomsplanne en -visie deur op die skakel te klik.