Corteva Agriscience het onlangs sy eerste dag van verhandeling op die New Yorkse aandelebeurs gevier. Plaas Media was daar om die geleentheid, wat ook ‘n lekker spanbou insluit, vas te vang. Ons kyk in 31 Julie se aflewering van Grootplaas nou na ‘n insetsel hieroor. Daarna kuier die kampvegter vir renosters, Bonné de Bod, weer in die ateljee. Ons gesels oor Wêreldveldwagterdag, en sy vertel ons meer oor die merkwaardige bydrae wat hierdie mense tot die voortbestaan van veral ons renosters lewer.

Inhoudsborg: Corteva

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas