Corteva Agriscience glo hulle kan boere deur middel van tegnologie en innovasie bystaan, en een van die maniere om hierdie bystand aan boere in Suid-Afrika te verseker, is deur middel van investering in infrastruktuur en navorsingstasies. Ons kyk in Grootplaas van 3 September 2019 na ‘n insetsel oor een van hierdie navorsingstasies in Delmas, asook ‘n opwindende samewerkingsooreenkoms tussen Corteva en John Deere.

Daarna kuier Shirande Schmidt van VDT Prokureurs in die ateljee, om oor die wetlike aspekte van die onderverdeling van landbougrond te gesels.

Inhoudsborg: Corteva

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas