Die eerste Ede Holstein produksieveiling vind plaas op 11 Junie 2019 in Middelburg tydens die Ede Farmingsuiweldag.  

Dié dag gaan fokus op winsgewendheid, met verskeie sprekers wat verskillende onderwerpe gaan bespreek, insluitend verbetering van teelwaarders, diere-aantekening en inligting wat benodig word vir ’n suksesvolle kuddeondersoek.  

Vir meer inligting kontak Poena van Niekerk by 082 893 2783 of poenavniek@gmail.com.