Ten spyte van goeie reën wat die afgelope twee weke in die Noord-Kaap geval het, verskil die stand van damme nie baie in vergelyking met verlede jaar nie.

Volgens syfers wat op 14 Februarie deur die Departement van Water en Sanitasie beskikbaar gestel is, lyk die stand van damme in die Noord-Kaap soos volg:

  • Boegoebergdam: 89,8% teenoor 108,4% verlede jaar.
  • Douglas Weir: 107,3% teenoor 108,8% in 2018.
  • Kareedam: 32,7%. Verlede jaar het dié dam geen water gehad nie.
  • Spitskopdam: 37,7% teenoor 53,8% verlede jaar.
  • Vaalharts Weir: 83,2% teenoor 82,5% verlede jaar.

Klik hier om op hoogte van die damvlakke te bly. – Koos du Pisanie, AgriOrbit