Van links is Koos du Pisanie, Veeplaas se verteenwoordiger in die Noord-Kaap, Koos du Toit, voorsitter van die De Aar Boerevereniging, Gawie van Wyk, produksie-adviseur by die NWKV, en die gasspreker, dr Louis du Pisani.

Landbouprodusente het onlangs waardevolle inligting ryker geword op ’n inligtingsdag van die De Aar Boerevereniging op 2 Maart 2018. Die gasspreker, dr Louis du Pisani, bekende adviseur van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV), het boere ingelig oor die bestuur van weiveld ná ’n droogte, asook behoorlike beplanning vir droogtetye. Talle boere uit die distrik het hierdie geleentheid bygewoon en kans gehad om vrae aan hom te rig. – Koos du Pisanie, Veeplaas

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here