Hendrik Odendaal Senior en Hendrik Odendaal Junior boer in vennootskap op die plase Klippoort en Welgevonden aan die oewer van die Vaalrivier in die Standerton-distrik. Die gebied is uitstekend vir gemengde boerdery en die Odendaals het redelik baie lande onder besproeiing waarop hulle hoofsaaklik mielies en soja verbou, asook ’n klein komponent koring. Hulle eksperimenteer die afgelope vyf jaar met verskillende dekgewasse. Hennie Maas van RSG Landbou gesels met Hendrik meer hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Hinterland.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.