Hendrik Strydom, ‘n Dexter-teler, vertel hoe hy by die Landbouskool Hendrik Potgieter se kuddeprojek betrokke geraak het. Die skoolhoof van die skool, Christie Swarts, kan ook nie uitgepraat raak oor dié klein beesras se invloed op die lewens van die kinders nie. Luister nou na dié lekker onderhoude in Donderdag se program van RSG Landbou.

Matthew Morgan is onlangs by die Agri Oos-Kaapkongres as die provinsie se jongboer van die jaar aangewys. Hy is ‘n skaapboer van die Tarkastad-omgewing en Lise Roberts gesels met hom oor sy boerdery. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die geenbewerkingsklub van KwaZulu-Natal hou ook binnekort ‘n interessante konferensie oor bewaringslandbou naby Bergville. Richard Findlay vertel meer oor wat op die agenda is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Chris Derksen sluit soos oudergewoonte die program af met die jongste vleispryse. Luister nou na hierdie onderhoud.

 RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.