Een van die hoogtepunte op die jaarlikse landboukalender is hier en vee-entoesiaste van regoor die land woon hierdie week ALFA by. Albert Loubser gesels hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy vertel veral oor die jeug se betrokkenheid by dié geleentheid. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ondergrondse steenkoolvergassing wek groot kommer in landboukringe. Lise Roberts gesels met Janse Rabie van Agri SA oor die jongste verwikkelinge op hierdie front en natuurlik ook oor die organisasie se standpunt hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

André Morgenthal brei uit oor die waarde van die wyn- en voedseltoerisme-konferensie wat eersdaags aangebied word. Luister nou na dié onderhoud.  

Die landboukalender is omtrent vol in September, en Willem Barnard van die Brahman Beestelersgenootskap praat op sy beurt oor die Limpopo-tak se opwindende Brahman Bonanza wat hierdie week by Castle de Wildt net buite Modimolle afskop. Luister nou na dié onderhoud.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Hennie Maas bring ons op hoogte van die nuutste veilings. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.