ALFA

Ons is in die hartjie van die winter en veeboere moet oplet na sogenaamde wintersiektes onder hul vee.  In RSG Landbou van Vrydag, praat dr Chriché du Plessis van MSD Animal Health oor die siektes waarna boere veral moet oplet.

Die 2019 Julie uitgawe van Farmbiz word op verskeie lekker onderwerpe gefokus en in hierdie uitsending vertel Lise Roberts meer oor wat lesers te wagte kan wees.

Die tyd stap aan en vanjaar se Alfa vee-ekspo wat in September in Parys plaasvind, kruip al hoe nader. Die medeorganiseerder, Albert Loubser, gesels oor waar sake staan met hierdie hoogtepunt op die landboukalender.

Dr Clive Marwick gesels op sy beurt meer oor die funksies en werksaamhede van die SA Veterinêre Raad. Daar is ook ‘n gesprek met dr Jubie Muller, ‘n veearts in die Bergville-omgewing.

Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Netafim.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.