In Dinsdag 18 Desember se aflewering van RSG Landbou word oor ’n verskeidenheid van onderwerpe gesels. Die program skop af met die Australiese beeshond. Lise Roberts het by Helen Lachenicht, ’n teler van dié uitsonderlike honde, gaan kers opsteek om meer uit te vind oor die ras en sy kenmerke.  Daar is ook ‘n gesprek met Daan Bronkhorst van Hinterland en hy praat oor die uitdagings en prestasies van dié maatskappy.  Lise gesels ook met Dewald Olivier van die SA Voerkraalvereniging oor die stand van die voerkraalbedryf en dan kyk Dawie Maree van FNB Landbou na die invloed van brandstofpryse en rentekoerse op die landbou. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Hinterland.