Navorsing toon dat ‘n Australiese beeshond in sy leeftyd, ‘n boer ongeveer 40 000 Australiese dollar aan arbeidskoste kan spaar. Afgesien daarvan is beeshonde ook uitstekende lyfwagte met goeie temperamente. ‘n Ambassadeur van dié ras, Helen Lachenicht, en beesboer Jack Jordaan, het onlangs met Plaas Media hieroor gesels. Ons kyk in 18 Julie 2019 se aflewering van Grootplaas na ‘n insetsel hieroor. Daarna kuier Arnaud le Roux van Wildbedryf Suid-Afrika in die ateljee, om oor die kleinwildbedryf en -spesies in Suid-Afrika te gesels.

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas