‘n Plaaslike vleisnavorser en -kenner van die Landbounavorsingsraad, dr Phillip Strydom, kuier op 4 Julie 2019 in die Grootplaas-ateljee en hy gesels oor die faktore wat vleisaankope onder verbruikers beïnvloed. Daarna word ‘n bietjie op die politiek gefokus. Die algemene gevoel uit die landbousektor oor president Cyril Ramaphosa se onlangse staatsrede was nie noodwendig negatief nie, maar georganiseerde landbou voel steeds daar word te min klem op sekere kwessies geplaas. Christo van der Rheede van Agri SA gesels met ons oor hierdie kwessies.

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas