Volgens ’n onlangse persverklaring van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum vind meer brutale slagtings van diere plaas. Sulke slagtings kom veral in die oostelike en suidelike gedeeltes van Gauteng in gebiede soos Bronkhortspruit, Welbekend, Akasia en Temba voor. In die Vrystaat loop veral gebiede soos Heilbron, Deneysville, Zamdela, Parys en Vredefort deur.

Die verslag lui dat die publiek bewus gemaak moet word van die impak van veediefstal, en die brutaliteit wat daarby betrokke is, asook die verandering in die modus operandi van veediewe. Klik hier om voorbeelde te sien van die brutalitiet van veeslagtings in die oorspronklike persverklaring.Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum