Wat wys amptelike landboustatistieke oor die huidige stand van die landbousektor? Dit is die vraag waarmee RSG Landbou in Donderdag se program afskop. Lise Roberts het by Dawie Maree van FNB Landbou gaan aanklop om meer hieroor uit te vind. Luister nou dié onderhoud.

Theresa Siebert van die Landbounavorsingsraad, oftewel LNR, brei uit oor watter speserye voorkeur geniet onder verbruikers in Suid-Afrika. Luister nou dié lekker onderhoud.

Koos du Pisanie het tydens die onlangse RPO Noord-Kaap-kongres met die hoof uitvoerende bestuurder van die Beefmaster-groep, Louw van Reenen, oor nuwe tendense in rooivleisbemarking uitgevra. Chris Derksen sluit die program af met die weeklikse vleispryse. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur FNB.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.