Lise Roberts gesels in Maandag se aflewering van RSG Landbou met Andries van Wyk oor nuwe tendense rondom veehanteringstoerusting en -infrastruktuur. Luister nou na hierdie onderhoud.

Robbie Meintjies is ’n boer in die Griekwastad-omgewing. Hy gesels met Hennie Maas oor hoe hy jare gelede reeds met die prestasietoetsing van sy Dorperkudde begin het.

Bonné de Bod is weer aan die woord oor die stand van renosterstropery in Suid-Afrika. Luister nou na hierdie onderhoud.

Frans Stapelberg boer met Wagyu-beeste en hy vertel waarom die vleis van dié diere so besonders is, en hoe vleismarmering deesdae met behulp van elektronika gemeet kan word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Hennie Maas sluit die program af met die jongste veilingsnuus.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.