Die Johannesburgse aandelebeurs het min of meer ‘n jaar gelede lamkarkas-termynkontrakte op sy kommoditeitsmark gelys. Die doel hiervan was hoofsaaklik om produsente en abattoirs die geleentheid te gee om die risiko wat deur prysbewegings in skaapvleismark plaasvind, tot ‘n mate te versag. Raphael Karuaihe van die JSE het op Grootplaas hieroor gesels.