Hoeveel keer het onakkurate weervoorspellings nie al jou dag se planne in die wiele gery nie? Heelwat boere maak ook van weervoorspellings gebruik om te beplan. Dus is akkurate voorspellings noodsaaklik vir die landbousektor. Chris Kaempffer van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Grond, Klimaat en Water verduidelik vir RSG Landbou-luisteraars wat klimaatsmonitering beteken en watter rol weerstasies hierin speel. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Agri Frequencies.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.