Vleispryse op supermarkte se rakke is die afgelope ruk in die kollig, en dit het verbruikers bewus gemaak van die feit dat vleis, in sekere gevalle, direk by boere aangekoop kan word. Hierdie proses is egter nie so eenvoudig soos ‘n mens dink nie, en die direkte verkope van vleis is onderhewig aan streng voorwaardes en regulasies. Rudi van der Westhuizen van die Suid-Afrikaanse Vleisbedryf-maatskappy vertel ons in 15 April se aflewering van Grootplaas meer hieroor. Daarna gesels dr Bobbie van der Westhuizen van SA Stamboek met ons oor genomika in die veebedryf.

Nuusborg: Netafim 

Markteborg: Hinterland

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here