Agritoerisme is ‘n belangrike aktiwiteit in Suid-Afrika se veelsydige en ryk toerismesektor. In Maandag se RSG Landbou is Jacqui Taylor aan die woord oor wat dié sektor bied. Koos du Pisanie, ons verteenwoordiger in die Noord-Kaap, gesels ook met Louis de Jager. Louis was vir jare by voorligting in die landbou betrokke en leer opkomende boere steeds hoe om te boer. Lise Roberts praat ook met Agri Wes-Kaap se jongboerfinalis, Johan van der Schyff.

Daar is ‘n nuwe gonswoord onder beleggers, finansiële praktisyns en regsadviseurs, en dit is artikel 12J-beleggings. Sommiges sal so ver gaan as om vir jou te sê dit is ‘n beter belastingbeplanningsgeleentheid as ‘n nuwe trekker. Frans van Eden gesels hieroor.

Soos gewoonlik op ‘n Maandag is Hennie Maas aan die woord met die veilingsnuus en ons hoor wat op dié front aan die gang is. Luister nou na dié lekker onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Lindsay Africa.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.