Meeste top kommersiële boere sal vir jou sê die sleutel tot sukses lê in diversifikasie. Maar kan een vertakking regtig die wa deur die drif trek as ‘n ander een swaarkry? Ons gereelde gas, Frans van Eden, vertel ons in 8 Augustus se Grootplaas hoe diversifikasie ‘n antwoord op produsente se kontantvloeiprobleme kan wees. Daarna gesels ons met Roelene Marx van die Landbounavorsingsraad, oor ‘n nuwe blommende potplantproduk, die Lachenalia.

Nuusborg: Netafim

Weerborg: Laeveld Agrochem

Kyk hier na vorige episodes van Grootplaas