In Donderdag se RSG Landbou is die fokus op die huidige droogte wat tans heers. Germa Kieser, bemarkingskategorieleier by Pioneer Suid-Afrika, is eerste aan die woord en brei uit oor die effek van die droogte op gewasproduksie. Luister nou na dié onderhoud.

Hoe lank gaan die hitte wat die somerreënvalgebied tans ondervind, nog voortduur? Johan van den Berg van Santam Landbou beantwoord hierdie vraag. Luister nou na dié onderhoud.

Waarna kyk ‘n veebeoordelaar wanneer lewende hawe beoordeel word. Die bekende landbouer en interrasbeoordelaar, Llewellyn Angus, verduidelik die proses asook hoe ‘n persoon hierdie kwalifikasie kan verwerf. Luister nou na dié onderhoud.

Twee tieners, Wihandi en Roelien Fuls, vertel waarom hulle besluit het hase moet spring as ‘n sport aanleer. Luister nou na dié onderhoud.

Die program sluit af met die week se vleispryse. Chris Derksen is soos altyd aan die woord met die week se jongste vleispryse. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur #Pioneer.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.