Die droogte hou boere in sekere dele van Suid-Afrika op hul knieë en hulporganisasies moet bontstaan om desperate boere en honger vee by te staan. Boere Droogtehulp SA NPC is een van hierdie organisasies.

Boere Droogtehulp SA NPC beplan ‘n projek vir 5 November, wat die vervoer van ongeveer veertig vragmotors voer na Beaufort-Wes behels. Volgens Reinhardt Venter is die organisasie halfpad met die voorbereidingsproses, en hulp word op hierdie stadium ernstig benodig. Ongeveer eenhonderd boere sal hierdeur gehelp kan word. Reinhardt brei nou uit oor die tipe hulp wat benodig word.

Hierdie potgooi word aan jou gebring deur Boere Droogtehulp SA NPC.

Besoek asb hulle webtuiste vir die bankbesonderhede: www.boeredroogtehulpsa.org