Wynmakers in Suid-Afrika word gereeld deur internasionale kenners op die skouer geklop vir die goeie gehalte wyn wat hier geproduseer word. Die droogte in die Wes-Kaap kon maklik ‘n stok in die wynproduksiewiel gewees het, maar sake lyk nie te sleg op dié front nie. Niël Groenewald, hoof-wynmaker van Distell, gee aan RSG Landbou-luisteraars meer perspektief hieroor. Luister nou na dié gesprek.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Old Mutual.