In Dinsdag se program van RSG Landbou fokus ons op ‘n paar opwindende veilings wat binne die volgende paar dae plaasvind. Luister nou na dié onderhoude.

Grond is die oorsprong van alle lewe op die plaas, of dit nou ‘n veeplaas of ‘n mielieplaas is. Die korrekte bestuur van hierdie hulpbron is dus baie belangrik om optimale produksie te verseker. ‘n Grondwetenskaplike, Michael Kidson, van die Landbounavorsingsraad gesels hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie verduidelik hoe die aksies van werknemers die welstand van ‘n onderneming kan beïnvloed. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna val die soeklig ook op die uniekheid van suiwel in ‘n voedingsomgewing en Maretha Vermaak van Melk SA brei hieroor uit. Luister nou na dié onderhoud.

Dan sluit ons die program af met ’n byeboer, Kai Hichert, en hy gesels oor hierdie interessante boerderyvertakking. Luister nou na dié onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Wintershoekwild

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.