Basket full of vegetables

Waarom is groentenavorsing so belangrik en wat gebeur deesdae op hierdie front?  Dit is van die vrae wat Lise Roberts in RSG Landbou van Woensdag aan dr Sonja Venter van die Landbounavorsingsraad stel. Luister nou na dié onderhoud.

Lise praat ook met Danie Erasmus oor ’n skolekuddeprojek onder die vaandel van die PLAAS Landboujeugstiging, waaraan hy met sy Simmentalers by die Hoërskool Sannieshof deelneem. Luister nou na dié onderhoud.

Koos du Pisanie het die onlangse Rooivleisprodusente-organisasie se Noord-Kaap-kongres bygewoon en met Johan van der Colff, voorsitter van die RPO Noord-Kaap, gesels oor landbouknelpunte in die provinsie. Luister nou na dié onderhoud

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur FNB.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.